|
Think Online versprei leermateriaal gebaseer
op die Suid-Afrikaanse leerplan, opgestel deur ervare opvoeders. Dis
in elektroniese formaat (op CD of per e-pos) met die voordeel van laer kostes,
en teks kan verander word soos nodig. Think
Online distributes learning material designed by experienced teachers and
based on the South African Curriculum. It
is available in electronic format (on CD or by e-mail) with the benefit of low
costs - texts can be adapted as necessary.
|
|
"Until we stop harming ALL other
living beings, we are still savages." |
|
|||||||
BEDREIGDE SPESIES

Gebruik hierdie
blad vir om jou eie skyfiereeks op te stel met Microsoft Powerpoint 2003
Kies een van die volgende bedreigde spesies hieronder en volg die
stap-vir-stap aanwysings by http://www.thinkonline.co.za/skyfiereeks.htm
arend jagluiperd beer walvis panda tier renoster luiperd olifant swaan wolf
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
|
Boere bespuit hul oeste met DDT-gif.
Wanneer dit reën, spoel die gif af en die grondwater beland uiteindelik
in die riviere. Arende eet die vis wat in die rivier swem. Weens die gif raak hul eiers se doppe so
dun dat dit breek voordat die kleintjies kan uitbroei. Die regering het DDT verban en arende is besig om weer te vermeerder. |
Die kaalkoparend kom voor in die VSA en Kanada. Die meeste arende in die VSA is in die mees noordelike staat, Alaska. Hulle woon naby groot hoeveelhede water, soos
mere, vleilande, riviere of die kus. Hulle het hoë bome nodig om in nes te maak. Die kransaasvoël is bedreig in Suid-Afrika. |
Arende eet visse, paddas, klein soogdiere,
voëls en slange. Hul kan met 3,5 kg kos in hul bekke vlieg. Kleintjies eet baie en word deur beide ouers
gevoer. |
Die arend is die Amerikaanse simbool van vryheid en ook hul nasionale
voël. Dis in 1782
gekies omdat die voël uniek aan Noord-Amerika is. Benjamin
Franklin wou egter eerder die wilde kalkoen as simbool hê - hy het geglo
arende het swak morele karakter. Arende kan 'n spoed van tot 320km/h bereik
wanneer hulle afduik na kos. 'n Arend kan baie goed sien - tot 2 km ver. Die kaalkop-arend se kop is nie regtig kaal nie
- dis bedek met wit veertjies. Die wyfie is groter as die mannetjie. Om 'n nes te bou, kan 'n broeipaar tot ses
weke neem. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
jagluiperd
|
Die jagluiperd word bedreig omdat sy habitat vernietig word en hy gejag
word vir sy pels. Mense neem ook hulle habitat oor vir huise en
landbou. Hul prooi raak ook al minder
sodat hul nie kos het om te oorleef nie.
Ander roofdiere steel dikwels die jagluiperd se prooi voordat hulle
dit self kan eet. Daar is minder as 10 000 jaluiperds oor in
Afrika. Dieretuine en wildtuine
probeer om met jagluiperds te teel in aanhouding. |
Buite Afrika het jagluiperds feitlik heeltemal uitgesterf, behalwe in
Iran en Rusland, waar daar nog 'n paar is. Hul habitat is graslande, woude en droë
vlaktes. |
Die jagluiperd eet springbokke, steenbokke,
duikers en impalas, asook voëls, hasies en jong diere soos vlakvarke,
koedoes, hartebeeste en swartwitpense. Hy kies een dier om te agtervolg.
Hy trek die dier neer, gooi sy gewig daarop, gryp hom aan die keel en
verwurg hom baie vinnig. Dan sleep hy
dit na 'n veilige plek en begin onmiddellik eet voordat ander diere dit
steel. Anders as ander katsoorte, jag die jagluiperd bedags. Hulle gebreuk hul
goeie sig, nie hulle reuksin nie, en bekyk die wêreld vanuit 'n boom of
miershoop. Ander roofdiere jaag hulle
prooi 'n paar honderd meters, maar die jagluiperd hou aan tot 5.5 km teen 72
km per uur. |
Die jagluiperd is die vinnigste dier ter wêreld en haal 'n spoed
van 114 km per uur. Hulle van 0 tot 72
km/h versnel in 2 sekondes. Hulle is skaam diere en gevoelig vir mense wat
hulle habitat versteur. Jagluiperds eet skoon - hulle keer nie weer
terug na hul prooi nie en los die vel, bene en binnegoed. Teen ses weke is die kleintjies sterk genoeg om
saam te gaan jag. Wanneer hulle ses
maande oud is, vang die ma lewende diere, sodat sy haar kleintjies kan laat
oefen om hul dood te maak. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
|
Bere word bedreig as gevolg van verlies
aan habitat. Boere wat
hul vee probeer beskerm, onwettige jag en mense wat grysbere doodmaak weens
vrees, bedreig ook hulle voortbestaan. In die laaste 200 jaar het grysbere verminder
van 100 000 tot minder as 1000 in die VSA. Die mens is die beer se grootste vyand. Vroeë Amerikaanse immigrante het bere
doodgemaak en hul habitat gebruik vir plase en huise. In Asië is galblase en pootjies van bere baie
gesog vir die maak van medisyne - dit lei tot onwettige diefstal. |
Bere kom voor in Noord-Amerika, Europa, Asië en
Antarktika. Grysbere hou van 'n groot area met woude en
graslande naby berge. |
Bere eet plante én diere, en is Noord-Amerika
se grootste omnivoor. 80-90% van hul kos is groen plante, wilde
vrugte, bessies, neute en bolle of wortels. Hulle eet ook baie insekte,larwes en ook motte, en soek partykeer
daarvoor onder klippe of boomstompe. Partykeer eet hulle karkasse wat groot diere los, maar hulle kan ook
ook self jong soogdiere vang. Hulle sal ook vis, soos salm of forel, eet as dit beskikbaar is. Bere het vroeër baie dennepitte geëet, maar weens siektes eet hulle
ander kos. |
Wanneer daar veldbrande is, wag bere op 'n veilige afstand en vang
klein diertjies wat. Na die brande
gaan hulle terug en eet die "gaar" diertjies wat vasgekeer was. Bere staan op wanneer hulle nuuskierig is en
die wêreld wil bekyk, andersins bly hulle op vier pote. Grysbere moet genoeg eet om baie vet te kan stoor vir hulle ses maande
winterslaap. Hulle is baie sterk en kan 'n bok met een hou
doodmaak. Hulle hiberneer in grotte of hol bome.
Hulle liggaam se temperatuur verminder van 38 tot 31 oC, en
die hartklop verminder van ongeveer 55 tot 10 per minuut. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
|
Die
blouwalvis word gejag vir kos, olie (om masjiene mee te olie) en was (vir die
maak van kerse). Van 250 000 walvisse is net
'n paar duisend oor. Dis moeilik om hulle te tel omdat
hulle onder die see is. Die vang van walvisse is verbied in 1986 en
hulle getalle is besig om meer te word.
Maar hulle sal nog vir 100 jaar
beskerm moet word voordat hulle buite gevaar is. Hulle mag glad nie meer
gejag word nie. Besoedeling,
veral oliebesoedeling, bedreig walvisse ook. |
Die meeste blouwalvisse woon in die suidelike halfrond. Daar is klein hoeveelhede in die noordelike
Atlantiese en -Stille Oseane. Hulle migreer lang afstande: In die somer
bly hulle naby die poolstreke waar daar baie kos is, en in die winter gaan
hulle na warmer water om te paar. |
Die walvis se keel vergroot geweldig tydens voeding en kan meer as 1000
ton kos en water hou. Hy neem tonne
water in die mond en filtreer die vis en makriel met die plaatjies in sy
mond. Hulle eet feitlik net makriel, 'n soort krapagtige plankton. 'n Medium-grootte blouwalvis
kan meer as twee ton makriel per dag eet.
Walvisse is soogdiere. 'n
Babawalvis word 'n kalf genoem en hulle drink aan hul ma soos ander
soogdiere, |
Die
blouwalvis is die wêreld se grootste dier (tot 30 m) en is groter as enige
dinosaurus wat nog ooit geleef. 'n Olifant pas bo-op 'n blou
walvis se tong! 'n Walvis se vel is bedek met olie om dit te help gly deur die
water. Die vel voel glad en
rubberagtig, soos 'n hardgekookte eier. Nes bome vorm 'n walvistand elke jaar 'n nuwe ring,. Wetenskaplikes kan
'n tand deursny en die ringe tel om te bepaal hoe oud 'n walvis is. 'n Blou walvis se hart weeg soveel soos 'n Volkswagen-kewer! Walvisse se beendere is lig en vol gate, soos sponse. Hulle kan nie goed onder water sien nie,
maar hulle hoor goed. Nes vlermuise gebruik
hul klanke en eggo's om voedsel en hul rigting te vind. Hulle is die luidrugtigste diere op aarde met trillings van tot 188 desibel (vergeleke met 120 desibel wanneer 'n 'Jumbo jet' opstyg!) Walvisse beweeg hul stertvinne op en af wanneer
hul swem, terwyl visse se stertvinne heen en weer beweeg. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
|
Pandas
verloor hul habitat omdat meer en meer mense naby hulle woon. Pandas word ook doodgemaak
vir hulle unieke pels. Pandas se kleur help om hulle
te kamoefleer teen aanvalle van roofdiere. Baie pandas word vandag groot in aanhouding om
hul getalle te help vermeerder. |
Pandas woon in klam, mistige woude vol
bamboes en naaldbome in die suidweste van China. Hulle woon in hoê dele en migreer hoër in die
somer, laer in die winter. Hul verkies ongerepte dele naby aan helder
waterstrome. Pandas
slaap onder bome of onder stompe of rotshange. |
Pandas eet meesal bamboes, 'n lang, houtagtige plant. Hulle eet ook blomme, gras, wingerd, groen
koring, heuning en knaagdiere. |
Hulle klim baie goed boom. Pandas is baie klein met geboorte (sowat 250g). Hulle is alleenlopers sonder 'n permanente
tuiste. Selfs in aanhouding speel en
meng hulle nie juis met
mekaar nie. Hulle gaan sit op 'n oop
plek en kou aan bamboes of ander kos, totaal onbewus van mekaar. Wetenskaplikes verskil daaroor of 'n panda 'n
soort beer of wasbeer is, of nie een van die twee nie. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
|
Tiere word bedreig weens verlies aan habitat, versplintering en
wilddiefstal. Tiere en hul prooi het 'n veilige, gesonde
tuiste in die wildernis nodig, maar mense dring hulle habitat binne. 'n Derde van
wilde tiere woon in Indië, waar ook meer as een biljoen mense woon (en daar
word voorspel dat die aantal mense oor dertig jaar gaan verdubbel). Asië was eens bedek met groot woude en meer as 100 000 tiere. Vandag
woon meer as die helfte van alle mense daar. Bevolkingsgroei is besig om die tier en sy ekosisteem in die woude te
vernietig. Vandag is net 5 000 tiere oor in woude-eilandjies met 'n see van
mense rondom hulle. Versplintering beteken dat tiere in een area nie met tiere uit ander
areas kan voortplant nie. So hulle teel net in hul eie groepe, wat tot siek
kleintjies en geboortedefekte kan lei. Die manjifieke tier word vir baie redes begeer. Die vel en liggaamsdele behaal hoë pryse en
word vir medisyne in Asië gebruik.
Siberiese tiere word ook as sport gejag. Lug- en waterbesoedeling maak ook plek-plek die habitat van tiere
onleefbaar. |
Vandag leef Siberiese tiere feitlik net in Rusland en het feitlik
uitgesterf in die res van Asië. Tiere woon in die laaste digte, bergagtige woude van Asië. Hulle het water, prooi en gesonde woude nodig om te oorleef. Soms kompeteer tiere en mense vir dieselfde
prooi. Mense
se woon-, landbou- en industriële uitbreiding forseer tiere terug na
krimpende woude. Om wilde tiere te
red, moet ons hul prooi red en die woude waarin hulle woon. |
Tiere is karnivore. Die
Siberiese tier jag klein soogdiere, bokkies, waterbuffels, wilde varke,
hasies en voëls. Tiere vang graag hul prooi naby water. Hulle lok hul prooi in 'n
hinderlaag. Hul kamoefleer hulself en hou die prooi vir lang tye dop. Hy kruip weg, kies sy prooi,
bestorm dit en gryp dit met hul kloue en kake en byt dit in die nek. Dan sleep hy dit na 'n stil plek om te eet. Siberiese tiere is baie sterk en kan diere wat
twee so groot soos hulle is, vang.
Tiere slaap bedags en jag snags.
Elke nag gaan soek hulle tot 10-20 km ver vir kos. |
Tiere
spring en klim baie goed en kan ook baie vinnig hardloop. 'n Siberiese tier het lang skerp kloue wat
hy kan intrek. Siberiese tiere is die grootste tiersoort. Mannetjies weeg tot 260 kg en wyfies tot
150 kg. Die gemiddelde Siberiese tier is 3,5 tot 4m lank en 1m hoog by sy
skouers. Siberiese tiere aard goed in koue weer (tot -20
oC). Hulle kan warm bly danksy hul dik pels en die laag vet om hul maag en
lieste. Tiere hou daarvan om in die skadu's van bome lê
en hul baai ook graag in water - hulle kan goed swem. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
renoster
|
Renosters is bedreig omdat hul habitat vernietig word, en omdat hul
gejag word vir hul horings - dis gesog in Oosterse lande vir medisyne en
handvatsels vir messe. In Asië is Java-renosters se
habitat beïnvloed deur die oorlog tussen die VSA en Viëtnam. In Indonesië
maak bosbou inbreuk op die renoster se habitat. Die swart renosters in Kenia beweeg in klein
groepies: die groot troppe van vroeër
is uitgeroei deur wilddiewe. In wildreservate kon renosters aanteel; daar is
tans sowat 600. |
Renosters kom vandag
nog in Asië en Afrika voor. Die ideale
habitat vir die witrenoster is boswêreld met baie gras en genoeg water. Swartenosters verkies weer oop graslande met bome en doringveld teen
lae berghange. Hulle leef alleen of in klein families. Hulle is baie territoriaal en
laat nie sommer ander in hulle gebied toe nie. Hulle het minstens een
watergat - soms 'n modderpoel - en baken hul gebied af met mishope wat die
mannetjies daar los. Hulle los gereeld meer mis
daar om ander mannetjies te waarsku en om enkellopende wyfies soontoe te lok.
|
Alle
renosters is herbivore. Sommiges eet gras, ander eet botsels, blare en
vrugte. Hulle eet almal baie! Die
swartrenoster en Indiese renoster het lippe wat hulle soos 'n vinger gebruik
om kos te pluk of versamel. Hulle
eet die wortels, takkies en blare van klein boompies en plante. Hulle hou ook van kort gras vir
weiding. Water
is belangrik vir renosters, om te drink, in te swem of om in die modder te
rol. Wanneer hulle vol modder is, word hule vel beskerm teen insekte wat
byt. Bosluisvoëls
en kuifreiers klim graag op renosters en eet velparasiete wat hulle daar kry.
|
Hul groot horing is 0.5 tot 1.3 m lank.
Renosters het klein ogies aan elke kant van die kop, en hulle sig is
swak. Hulle kan goed hoor en kan hulle ore swaai om op 'n klank te fokus.
Reuk is hulle beste sintuig: tensy die wind weg van die renoster waai, sal hy
jou definitief kan ruik! Die witrenoster
is meer sosiaal en beweeg in groepe van 10 tot 15 in 'n goed-georganiseerde
stuktuur. Aan die hoof is
die territoriale bul wat verdedig, patrolleer en die gebied merk. Nog volwasse en
jong bulle sal tot die groep toegelaat word, mits hul onderdanig is. Witrenosterbulle
kan tot 2500 kg weeg, en wyfies sowat 1700 kg. Hulle word ongeveer 30 jaar
oud. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
luiperd
|
Die Florida-luiperd het al byna heeltemal uitgesterf en daar is minder
as 70 oor. Die hoofrede is die verlies
van habitat - hul hou van dieselfde areas as wat mense wil gebruik vir
ontwikkeling. Versplintering vind ook plaas waar hul woonplek
in twee gedeel word deur 'n snelweg of woongebied. Paaie word gemaak deur die luiperd se habitat en baie sterf elke jaar
as voertuie hulle omry. Sommige plekke het selfs spesiale oorgange vir
luiperds. Lugbesoedeling is ook sleg vir luiperds, en mense hou nie daarvan as
daar luiperds in hul area is nie. |
Die luiperd is Florida-staat se simbool. Hulle kom
hoofsaaklik in suidwes-Florida voor. Hul tipiese habitat betaan uit steil,
klipperige klowe of bergagtige terrein. Luiperds het baie spasie nodig. Hulle kom
ook in Noord-Mexiko voor en op die suidelike punt van Suid-Amerika. |
Luiperds is karnivore; hulle prooi is die meeste ander diere in hul
habitat, soos bokke, hase, dassies, ystervarke, muishonde,vis en knaagdiere. Hulle woon in groot gebiede, afhangende van
hoeveel kleintjies hulle moet voed. |
Die Florida luiperd kry omtrent vier
kleintjies. Wyfies woon alleen, behalwe wanneer hulle kleintjies grootmaak. Mannetjies woon weer alleen, behalwe wanneer
hulle paar. Kleintjies weeg omtrent 450 g by geboorte. Hulle kan
enige tyd van die jaar gebore word, maar dis meesal in die laat lente. Valke en ander voëls kan die kleintjies
vang, daarom bly die ma die heeltyd by hulle om hulle te beskerm. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
olifant
|
Olifante word gejag vir hul ivoortande. Ivoor word gebruik vir
juweliersware of klaviere. Hul habitat word ook meer en meer vir plase
gebruik sodat daar minder kos vir die olifante is. Versplintering van hul habitat vind ook
plaas. Olifantkalwers word soms deur leeus en hiënas
geëet. Die mens is volwasse olifante se enigste vyand. Baie
lande in Afrika het programme om olifante te beskerm, soos reservate en
wildbewaarders wat die olifante teen wildstropers beskerm. Weens politieke probleme en min geld in Afrika-lande,
asook die gevare betrokke by wildstelery, is hierdie programme moeilik. In
1978 was daar omtrent 1,5 miljoen Afrika-olifante, maar tans is daar slegs
600 000 oor. |
Olifante
woon in die warm klimaat van Afrika en Asië. Hule gebruik hulle groot ore om
hulle koel te waai. Hulle moet naby
water woon (vir drink, bad en afkoel). Behalwe modderbaddens gebruik hulle
ook stofbaddens om koel te bly en insekte weg te hou. Hulle word regoor Afrika gevind.
Dié van hulle wat in die bos woon, bly suid van die Sahara-woestyn,
terwyl dié in die woude in Sentraal- en Wes-Afrika voorkom. Olifante
is sosiale diere en woon in klein troppe met koeie en hul kalfies wat gelei
word deur 'n ouer, ervare koei (of matriarg).
Die trop sorg saam vir die kleintjies en waarsku mekaar teen
gevaar. |
Olifante is herbivore
(planteters). Hulle eet gras, vrugte,
blare, takke, bas en takkies. Omdat hulle so groot is, en
omdat 60% van alles wat hulle eet deur hulle spysverteringskanaal gaan sonder
om verteer te word, spandeer olifante 16 uur per dag om kos te soek, sowat
160 kg daarvan. Verder
drink hulle ook omtrent 70 liters water per dag. Die
jong olifantkalfie begin plante eet vandat hy 'n paar maande oud is, maar hou
aan drink aan sy ma totdat hy twee jaar oud is. |
Die woord olifant kom van die Griekse woord 'elephas', wat ivoor
beteken. Olifanttande is eintlik verlengde snytande. Hul enigste ander tande is
vier kiestande, wat tot ses keer in hul lewens vervang word. Olifante is sowat 4m hoog. Hul
slurpe word gebruik vir drink, bad, reuk, asemhaal, voel en kos gryp. Aan die punt van die slurp is 'n sensitiewe
'vinger' waarmee hulle klein bessies ens. kan optel. Afrika-olifante het twee van hierdie "vingers" terwyl die
Asiese olifant net een het. Slurpe word ook as snorkels gebruik wanneer hulle
riviere oorsteek. Baba-olifantjies moet eers leer hoe om hulle slurpe te
gebruik. Wanneer
'n lid van die trop sterf, maak die ander sy liggaam toe met takkies en blare
- hulle rou vir ure oor die verlies. Sommige mannetjies (of bulle) vorm
losloper-troppe en sluit net by die wyfies aan om te paar. Ander bulle is alleenlopers. Die
olifant leef omtrent 60 jaar; hulle
paar vandat hulle 15 jaar oud is en skenk elke vierde jaar geboorte. Na 'n
swangerskap van 22 maande word 'n enkele kalfie gebore wat sowat 1m hoog en
120 kg swaar is. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
trompetswaan
|
Trompetswane is die skaarsste
swaansoort in die wêreld en het byna uitgesterf. Hulle word gejag vir hulle vere en hul
vleis. Menslike
ontwikkeling het hulle habitat oorgeneem en die areas versteur waar hulle hul
neste bou. Vandag word hulle beskerm en die
getalle is besig om te vermeerder. |
Trompetswane is luidrugtige voëls
wat in Noord-Amerika woon. Hulle
woon gewoonlik in moerasse of vlak mere. Hulle
migreer in die winter na warmer klimaatstreke. |
Trompetswane eet waterplante,
insekte en slakke. Volwasse swane eet tot 9 kg kos per dag. Hulle
lang nekke en kragtige snawels stel hulle in staat om af te reik en stamme en
wortels uit te trek wat ander voëls nie kan bykom nie. |
Hierdie is die grootste swaanspesie
ter wêreld: Trompetswane het 'n
vlerkspan van tot 3m. Hulle is wit, met 'n lang nek wat uitstrek na voor
wanneer hulle vlieg. Hulle
leef omtrent 12 jaar in die natuur, of 35 jaar in aanhouding. Hierdie
pragtige voëls paar vir 'n leeftyd, en bou groot neste van gras, wortels en
riete. Binne
in word dit uitgevoer met swaandons.
Wyfies lê 5-6 wit eiers. |
|
Naam |
Rede vir uitsterf |
Habitat |
Kos |
Interessante feite |
|
wolf
|
Wolwe het byna uitgesterf omdat
boere bang was dat hulle hul vee sou vang.
Hulle is meer gejag
as enige ander dier in die VSA, selfs deur die Amerikaanse regering. In 1973
was hulle feitlik heeltemal uitgeroei.
Die
eerste inwoners het baie bisons en boksoorte geëet (die wolwe se natuurlike
prooi), sodat wolwe vee moes begin eet om te oorleef. Die Amerikaanse regering wou die vee
beskerm en het toe tussen 20 en 50 dollars betaal vir elke wolf wat geskiet
is. Mense
het vliegtuie, sleë en honde gebruk om die wolwe uit te wis. Hulle het karkasse vol strignien gelos om
die wolwe dood te maak (wat terselfdertyd ook ander diere soos jakkalse, bere
en arende afgemaai het). |
Wolwe woon in groepe binne 'n
spesifieke gebied, afhangend van hoeveel prooi beskikbaar is. Wolwe aard goed in baie warm of koue
klimate, soos Israel se woestyne, Virginia (in die VSA) se woude of Siberia
se vriesende koue. Wolwe
was op 'n stadium die mees wydverspreide land- soogdier in die wêreld. Gryswolwe
het op 'n tyd regoor Noord-Amerika voorgekom. |
Wolwe kan groot afstande reis om
kwesbare prooi in die hande te kry. Hulle is goeie jagters. Hulle
eet diere met hoewe, soos bokke, elande en buffels. Hulle fokus op die
swakste diere: die oues, die siekes en die beseerdes. Soms eet
hulle klein diertjies soos hasies en muise, of ook neute, insekte en bessies. |
Wolwe
onderhou 'n groot verskeidenheid ander diere, soos kraaie, aasvoëls, jakkalse
en roofdiere wat alles vreet wat oorbly nadat 'n wolf 'n dier doodgemaak het.
Wolwe
het 'n kenmerkende huil, wat hulle gebruik om te kommunikeer voor en na 'n
jagtog (as alarm, om ander lede van die groep op te spoor en om ander wolwe
te waarsku om uit hulle gebied te bly). Hoewel mense bang is vir hulle,
vermy wolwe gewoonlik mense. 'n Wolfaanval is skaarser as
om deur weerlig raakgeslaan te word.
Hulle kan wel mense aanval as hulle vasgekeer voel, beseer is of
hondsdolheid het. |
|
Click here for an order form in
MSWord-format. Kliek asseblief hier
vir 'n bestelvorm in MSWord-formaat. Please click here
for an order form in pdf-format. Kliek asseblief hier
vir 'n bestelvorm in pdf-formaat. Namibia and other countries: Please send us
an e-mail. |
MEER INLIGTING / MORE INFORMATION:
Fax/Faks 086 766
2558

Last revised:
2012-04-01
Kernwoorde vir soekenjins:
Afrikaans vir Almal
Afrikaans spelling exercises online speloefeninge aanlyn African languages
teach Afrikaans teacher Dutch English Afrikaans translation
Afrikaans worksheets Exciting Afrikaans tasks
werkvelle taakkaarte Primary Schools
Punktuasie Beeldspraak Vergelykings Intensiewe vorme Idiome Woordsoorte
Selfstandige naamwoorde Werkwoorde Voorsetsels Telwoorde Voegwoorde Byvoeglike
naamwoorde Bywoorde Lidwoorde Voornaamwoorde Meervoude Verkleinwoorde
Afkortings en akronieme Leenwoorde Aanspreekvorme Sinonieme Antonieme Homonieme
Homofone Direkte en indirekte Rede Skryftekens Enkelvoudige en samegestelde
sinne Aktiewe en passiewe vorm Konsonante, vokale en lettergrepe Manlike en
vroulike geslag Trappe van vergelyking Digkuns:
Woordeskat Educational Laerskole
skole opvoedkundig Afrikaans online games Afrikaanse wordsearches Afrikaanse Taalreëls
woordeskat spelling prosa poësie metataal horlosies timers Time timer bestel
order Afrikaans learning games Voorbeelde van Afrikaanse vraestelle
Afrikaanse spelkompetisie spelolimpiade taalolimpiade vir die laerskool
hersieningsoefeninge taallleer oefeninge
Afrikaans language exercises taaloefeninge Afrikaans
Taal Leer Afrikaans aanlyn Learn Afrikaans online Afrikaanse blokkiesraaisels
Afrikaans wordsearches Afrikaans vir
almal klaskamer onderrig vasvra blokkiesraaisels lettergrepe homonieme homofone
dictionary Namibia Namibië inheemse tale Afrika
Afrikaans tuisonderrig tuiswerk huiswerk hersiening
vaslegging homeschooling taalolimpiade leenwoorde leestekens punktuasie
Suid-Afrika Leer Afrikaans Learn
Afrikaans Afrikaans Speltoetse
Alfabetiese spellyste taalreëls anagramme onderwysers opvoeders leerders
leerlinge Afrikaans taalreëls spelreëls learner and teacher support materials
Graad 4 Vier Graad 5 Vyf Graad 6 Ses Afrikaans
metataal Afrikaans Intermediêre fase Leerarea Afrikaans Modules South Africa
meervoude verkleinwoorde punktuasie Sinonieme Antonieme Idiome Woordsoorte
Rededele Senior Primêr Hulp vir Onderwysers Opvoeders Leesbegrip Afrikaans
language taakkaarte leerplanne konsepleerplanne CAP CAPS-dokumente CAPS
documents Gratis tafeltoetse spoedtoetse tafelbladsye Free times tables sheets
Xhosa learn isiXhosa second additional language tweede addisionele taal
Handskrif Writing korrekte skrif vir Suid-Afrikaanse
skole drukskrif kursiewe skrif plakkaat correct handwriting for South African schools
cursive print